Amptelike webwerf van Jehovah se Getuies

Tuisblad Beliefs Future Medical Topics Kontak ons Publications Languages
’n Bybel

Wat leer die Bybel werklik?

Is dít God se voorneme?


HOOFSTUKKE

  1. Wat is die waarheid omtrent God?
  2. Die Bybel—’n Boek wat van God kom
  3. Wat is God se voorneme met die aarde?
  4. Wie is Jesus Christus?
  5. Die losprys—God se grootste geskenk
  6. Waar is die dooies?
  7. Ware hoop vir jou geliefdes wat gesterf het
  8. Wat is God se Koninkryk?
  9. Lewe ons in “die laaste dae”?
  10. Geesskepsele—Hoe hulle ons lewe raak
  11. Waarom laat God lyding toe?
  12. Lewe op ’n manier wat God se goedkeuring wegdra
  13. ’n Goddelike beskouing van lewe
  14. Hoe om jou gesinslewe gelukkig te maak
  15. Aanbidding wat God se goedkeuring wegdra
  16. Neem jou standpunt vir ware aanbidding in
  17. Kom nader aan God deur gebed
  18. Doop en jou verhouding met God
  19. Bly in God se liefde

Druk hierdie bladsy Druk hierdie bladsy

LEES enige koerant. Kyk televisie of luister na die radio. Daar is soveel berigte van misdaad, oorlog en terrorisme! Dink aan jou eie probleme. Moontlik veroorsaak siekte of die dood van ’n geliefde vir jou groot pyn. Dalk voel jy soos die goeie man Job, wat gesê het dat hy ‘deurdrenk is van ellende’.—Job 10:15.

Vra jou af:

Die Bybel voorsien bevredigende antwoorde op hierdie vrae.

DIE BYBEL LEER DAT GOD HIERDIE VERANDERINGE OP DIE AARDE GAAN TEWEEGBRING.

’n Ou man wat weer jonk is

“Hy sal elke traan van hulle oë afvee, en die dood sal daar nie meer wees nie, en ook verdriet en angsgeroep en pyn sal daar nie meer wees nie.”—Openbaring 21:4


’n Kreupel meisie wat weer kan hardloop

“Die kreupele [sal] net soos ’n takbok klim.”—Jesaja 35:6


’n Blinde man wat weer sien

“Die oë van die blindes [sal] geopen word.”—Jesaja 35:5


’n Vrou wat bly is om ’n geliefde weer lewend te sien

“Almal wat in die gedenkgrafte is, . . . sal uitkom.”—Johannes 5:28, 29


’n Siek seun word weer gesond

“Geen inwoner sal sê: ‘Ek is siek’ nie.”—Jesaja 33:24


Graanlande

“Daar sal volop graan op die aarde wees.”—Psalm 72:16


VIND BAAT BY WAT DIE BYBEL LEER

Twee mans studeer die Bybel

Moenie die dinge wat hier genoem word, sommer net as ’n blote droom afmaak nie. God het belowe dat hy hierdie dinge gaan teweegbring, en die Bybel verduidelik hoe hy dit gaan doen.

Maar dit is nie al wat die Bybel doen nie. Dit voorsien ook die sleutel wat dit vir jou moontlik maak om nou al ’n waarlik vervullende lewe te lei. Dink ’n oomblik na oor jou eie sorge en probleme. Dit sluit dalk geldsake, gesinsprobleme, swak gesondheid of die dood van ’n geliefde in. Die Bybel kan jou help om nou jou probleme die hoof te bied, en dit kan verligting bring deur antwoorde te voorsien op vrae soos:

Die feit dat jy hierdie boek lees, wys dat jy graag wil weet wat die Bybel leer. Hierdie boek sal jou daarmee help. Jy sal sien dat daar onderaan die bladsye vrae oor die paragrawe is. Miljoene het dit al geniet om hierdie vraag-en-antwoord-metode te gebruik wanneer hulle die Bybel met Jehovah se Getuies bespreek. Ons hoop jy sal ook. Mag God jou seën terwyl jy nou die opwindende en vervullende ondervinding geniet om uit te vind wat die Bybel werklik leer!

LEER KEN JOU BYBEL

’n Bybel

DIE BYBEL bestaan uit 66 boeke en briewe. Dit is in hoofstukke en verse verdeel sodat ’n mens maklik daarna kan verwys. Wanneer tekste in hierdie publikasie aangegee word, verwys die eerste nommer ná die naam van die Bybelboek of brief na die hoofstuk en die volgende een na die vers. Byvoorbeeld, die verwysing “2 Timoteus 3:16” beteken die tweede brief aan Timoteus, hoofstuk 3, vers 16.

Jy sal die Bybel gou leer ken as jy die tekste opsoek wat in hierdie publikasie aangegee word. Begin ook gerus met ’n program van daaglikse Bybellees. As jy elke dag drie tot vyf hoofstukke lees, kan jy die hele Bybel binne ’n jaar deurlees.

Na boVolgende

Druk van 2010